Wat de…..

Augustus 29, 2020 at 12:56 nm 6 Kommentaar

Ek kom by niemand.  Veral nie in die afsonderingstydperk nie.  Daarom het ek nie veel te sê nie.  Wil sommige dae lyk of ek op dinge wat my nie eintlik raak nie fikseer.

Ek het die afgelope paar weke gesukkel met ‘n verdomde gom oor.  Toe dit wragtig aanhou “produseer” het ek geweet, al wil ek nie, is dit nou tyd om dr toe te gaan.  In die tyd, dink ek, plekke soos dokterspreekkamers, klinieke, hospitale en selfs apteke is goeie plekke om soos die pes te vermy.  Jy kry buitendien net diek mense daar. Ek het begin agterkom dat my gehoor beslis versleg.  Die ou nat oor was sedert kinderdae my “goeie” oor.  Ek sou regtig moet optree as ek nog op my eie wou hoor.

Kom by die dr.  Aarde mense in sy voortuin by die spreekkamer is ‘n gazebo opgerig, met ‘n paar stoele daaronder.  Ek lui dus die klokkie en wag soos die bord aanbeveel totdat iemand my kom help.  Hoor ‘n geluid en die kind wat ek oppas vertel my daar is iemand agter my.  Die ontvangsdame wat wil bevestig dat ek daar is om ‘n afspraak na te kom.

Word aangesê om te sit.  teen die tyd vertel innerlike Olga al vir my ons moet eerder huis toe gaan.  Maar die nat gevoel en dik stadige stroompie toe uit my oor oortuig my om te bly.  Die kind en ek staan en bekyk die ou baba akkedissie wat ‘n ewe baba sprinkaan bekruip.  Maar hy was regtig nie opgewasse nie.

Toe hoor ek iemand praat.  Moet wragtig omkyk sodat ek kan hoor wat gesê word.  Die Dr.  Hy sê “Skuus man, maar ek moes nou eers gaan seker maak. Weet jy, die afgelope dekade kom sien jy my elke tweede jaar.” Ewentwel, hy probeer nes die meeste volwasse mense die kind tot ‘n gesprek uitlok.  Ook sonder sukses.  Maar sy weet, ek neem nie meer haar onbeskofheid vir lief nie.  So sy staan en tel.  Gou besef sy sy sal sewe bladsye met 25 lyne elk moet uitskryf as ons tuis kom en sy antwoord hom baie bot.

Tuis gekom met antibiotika en antie alles oordruppels, ( touch wood, wat beslis werk) stop my jare lange vriendinne omtrent agter my.  “Wat de … het jy by die dr gaan maak?” Goeie genade!  Het ek hulle toestemming nodig om dr toe te gaan?  Die ander een sê egter op verskonende wyse “Jy weet mos, dr weetalles sou jou beter kon help.” Maar ek word al jare lank al nie meer kwaad vir die vrou se beterweterigheid nie.”

Laat my egter wonder, is ons regtig so afgestomp dat ‘n vriendin se dokters besoek jou besigheid word? Dink sy regtig dat sy beter as die dokter weet hoe om ‘n mediese probleem op te los?

Sy is tot datum ‘n beter bakker, kok, verwer, bouer, kleremaakster, breier, hekelaar, (laat ek gou noem ek het nog nooit iets gesien wat sy gebrei of gehekel het nie.) boekhouer, ontvangsdame of huis skoonmaker as enige iemand anders ooit kan hoop om te wees.  Nou is sy ‘n beter dokter, al is dit sonder opleiding ook.

Wat meer kan ‘n mens in ‘n vriendin nodig hê?

Gedagte van die dag: Seker net my reg tot vrye keuse.

Entry filed under: Askies????.

Sonde soek. Saterdag sport.

6 Kommentaar Add your own

  • 1. Tannie Frannie  |  Augustus 29, 2020 om 1:56 nm

    Dis lekker om van jou te lees! Hoop die oor is gou beter. Het lekker gesmaail oor die omdraai om die dokter te kan hoor – ken daai ene goed!

    Antwoord
    • 2. Olga  |  Augustus 31, 2020 om 10:54 nm

      Baie dankie. Die oor is darem al droog. So ek is hoopvol.

      Antwoord
  • 3. Toortsie  |  Augustus 29, 2020 om 4:21 nm

    Ek weet wel jy kan hekel, want ek het ‘n paar gehekelde bedsokkies by jou gekry. Hoop jou oor is gou beter.

    Antwoord
    • 4. Olga  |  Augustus 31, 2020 om 10:56 nm

      Lag, ja daadrie bedsokkies. Of dan handgemaakte posstukkies wat destyds iemand se uitdaging was.

      Antwoord
  • 5. scrapydo2.wordpress.com  |  Augustus 30, 2020 om 9:59 vm

    Die ore is maar n storie. Ek’s juis ook besig met toetse en tinitis wat my opkeil. Hoop jou lekkende oor hou gou op. Bly jy het antibiotika gekry. Daardie beterweterige ouens maak my wiele sommer pap. Mens kan nie n woord inkry as hul begin nie.

    Antwoord
  • 6. HesterLeyNel  |  Augustus 30, 2020 om 3:08 nm

    Ja-nee, dis die tyd van die jaar vir oor-, neus- en keelprobleme. Ek hoop joune kom gou reg, want dis waar wat jy sê, dis nie ‘n goeie tyd om in spreekkamers en apteke rond te staan nie. En vergewe maar die neusinstekers – ons is almal besig om verveeld te raak hier in die grendeltyd en om die bure dop te hou, bring darem ‘n bietjie afwisseling.

    Antwoord

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Onlangse Bydraes

Wie ruik?

website counter