Mense wat my ken, sal weet dat André P Brink vir baie jare my literêre held was. Voorin my kopie van ‘n Vurk in die pad, is hierdie kaartjie wat as boekmerk dien. Vir seker 20 jaar het ek gedink my lewe sal volmaak wees as ek hom tog net eendag kan ontmoet. Op 10 Maart 2006 het hierdie oomblik aangebreek. By die Woordfees het ek ‘n bespreking bygewoon, ‘n gesprek met Brink gelei deur dr Ampie Coetzee.
En daar hoor ek nie ‘n woord wat André Brink sê nie, ek sit my en vergryp aan die sjokolade en karamel wat uit Ampie Coetzee se mond drup. Mense se stemme klink verskillend vir verskillende mense, maar hierdie man se stem was net die mooiste wat ek nog ooit gehoor het.
En nou het daardie stem vandag stil geword.
Pingback: Skryf – toortsie.com
kammakastig said:
Ampie was ‘n besondere mens – grappig, liefdevol. Op ‘n keer het ‘n student op die Breytenbachsentrum se trappe geval en haar enkel ernstig beseer. Ampie het twee ure lank by haar op die trappe gesit en wag vir die ambulans.
LikeLike